Anton Katz verskyn vlugtig in Namibie, bespot en maak die land se jong regering belaglik, en vlieg terug met sy aandeel van die buit? vra die Faceboek groep Siener van Rensburg.
Mnre. Peter Hodes en Anton Katz, tree op namens Kobi Alexander, die aartsbedrieer biljoener wat in Namibie wegkruip. Katz het oenskynlik n voorliefde daarvoor om georganiseerde misdadigers soos Jurgen Harksen en Kobi Alexander te verteenwoordig en word sonder twyfel uit hulle buit betaal. Watter ander bron is daar?
DIE Hoërhof se beslissing of die hoof van die laerhowe in Namibië, in die hoedanigheid van ‘n landdros, die uitleweringsondersoek van mnr. Jacob Alexander na die Verenigde State van Amerika mag lei, word met spanning ingewag.
Mnr. Alexander het gedurende 2006 regsgeskiedenis gemaak toe hy borgtog van N$10 miljoen betaal het om in relatiewe vryheid te wag dat die uitleweringsondersoek afgehandel word. Byna twee jaar later wag die Israeliese miljardêr steeds vir die ondersoek om te begin, terwyl sy betaalde bulhonde soos Adv. Katz met hul beledigende aanvalle die regering van Namibie en die regstelsel van die land bespotlik voorstel.
Tydens vandeesweek se hofverrigtinge het senior advokate Peter Hodes en Anton Katz, wat namens mnr. Kobi Alexander optree, aangevoer dat teenstrydige menings wat die huidige Minister van Justisie in haar kapasiteit as Aanklaer-generaal gedurende 2003 gemaak het ten opsigte van die hoof van die laerhowe se bevoegdheid om as landdros op te tree en ‘n beleid wat deur die landdroskommissie in die opsig aanvaar is, belaglik is.
Op haar beurt het die staatsprokureur, me. Uno Katjipuka-Sibolile, tydens haar betoog aangevoer dat ‘n bespotting nie van die Minister gemaak mag word nie en dat regspleging in Namibië nie sonder respek aangepak mag word nie.
In antwoord hierop het adv. Hodes en Katz aangevoer dat die titel van ‘n persoon, net soos die bekendheid van sy kliënt, hom of haar nie meer of minder bevoorreg voor die oë van die hof maak nie. “As jy in die kryt klim en jou hoek verdedig moet jy bereid wees om die houe te vat wat na jou kant toe kom,” het adv. Hodes en Katz betoog.
Anders gestel, Anton Katz verteenwoordig die opinie dat hy die Regstelsel van die land wel sal bespot en minag as hy dink dat dit tot sy voordeel strek. Dis juistement, wat van Katz so n onvanpaste keuse vir n Regter maak.
Die uitleweringsondersoek van mnr. Alexander sleep vir byna twee jaar reeds voort omdat hy eis dat landdros Uanivi die ondersoek na sy uitlewering lei.