Friday 1 April 2011

ANTON KATZ, ADVOKAAT BALLEM EN REGTER BOZALEC

ANTON KATZ, ADVOKAAT BALLEM EN REGTER BOZALEC

Out of intense complexities,  intense simplicities emerge”.
Winston Churchill

Terwyl die Kaap, en groot dele van die land, selfs die buiteland,  gons oor die gevloek en raas in die Hooggeregshof tussen die advokaat en die regter,  is daar baie subtekste wat deur kommentators gedien word.
Groep een: hierdie benadering beskou dit wat gebeur het as n sensasionele dog persoonlike saak wat tussen n regter en n advokaat afgespeel het, en beskou dit as alleenlik betekenisvol insoverre dit n beskrywing gee en n “statement” maak oor die advokaat wie se mond uitgespoel behoort te word.
Groep twee:  hulle beskou die uitbarsting as iets wat eintlik nie in die koerante bespreek behoort te word nie,  aangesien dit meer in die konteks van die Hooggeregshof van Kaapstad, intern evalueer behoort te word. Die groep sien die situasie gewoon as n feitelik-juridiese saak, en sien die toekoms van die vuilbek advokaat as een wat insluit minagting van die hof asook besmoontlik, n verbod om verder as n offisier van die hof op te tree, d.w.s. einde van n regsloopbaan dalk.
Groep drie: hulle is die wat daarvan hou om utiliter te kyk na sake, en deur die wasem te vee. Vir die mense is dit duidelik dat advokaat Ballem enige taktiek wat ookal sal aanwend ter wille van sy klient se voordeel. As top advokaat met n profiel wat “top misdadigers” verteenwoordig is dit oenskynlik dat die beskuldigde in die saak uitstel MOES kry, en na Ballem alles gedoen het wat hy kon, ingeslote n kar wat staan, die AA wat laat is, die sekretaresse wat bel om uit te stel en die vergeet van boeke en dagboeke,  gaan hy maar liefs oor na die uitklophou: jou ma se poes regter, en hy stap. Geen twyfel daaroor dat die saak nou uitgestel sal word nie.
Groep vier: die groep beskou die onderonsie, en die daaropvolgende media sensasie as n bewys van die gehalte en die soliditeit van die nuwe revolusionere Suid-Afrikaanse demokrasie.  In hulle denke,  het ons nooit van die goed in die ou Suid-Afrika gehoor nie omdat daar geen vryheid was nie, die advokate en regters net uit die klein bevoorregte wit elite kliek uit selekteer is, die hierargie daar solied soos staal was, en geen koerant die “volk” so sleg sou laat lyk deur sulke ondinge te rapporteer nie. Viva demokrasie en Zuma se nuwe land.
Groep vyf: die mense skud net stilletjies hulle koppe. “Dis wat gebeur as jy mense wat nie bekwaam is nie, skaars opgevoed is,  toelaat om in howe te sit en te betoog. Sodra hulle onseker is van wat om te doen (regter) dan misbruik hulle hulle mag op n onvanpaste en persoonlik-gerigte wyse, en sodra hulle in n hoek gedruk word (advokaat) is hulle daarop aangewese om “jou ma se poes” te skreeu en weg te loop.
Maar daar is meer beskouinge moontlik as dit. Daar is onder andere ook n sesde beskouing, een wat onder andere deur super-advokaat Jeremey Gauntlett onlangs in sy toespraak by Stellenbosch Universiteit geopper is:

"Time does not permit today to speak in detail of the many challenges with which I believe courts in Southern Africa are confronted.  I would however like to say two things in this respect.  The first is that it is time to end an approach which is insufficiently rigorous in its scrutiny of the judgments of courts, and how they function.  Perhaps we can say that the nation that begins by disparaging legal scholarship risks renouncing law itself. Another continuing concern is how we choose our judges.  

It is probably unnecessary for me in this regard to disclose the interest I have: that in the past my own nominations both to the Constitutional Court and to the High Court have, to the undisguised relief of my creditors, been rejected. I do not speak with rancour on the matter, but equally I cannot avoid speaking.  There are matters we need to consider.

I would hope that all of us are committed to the fundamental transformation of our legal system.  By that I mean the betterment of the system, in all its attributes, so that it is both closely congruent with and an effective vehicle for the new constitutional dispensation introduced in 1993.

I stress “betterment”, because as Justice Michael Kirby of the High Court of Australia has reminded us, transformation does not just mean change, it means change for the better.  Other than the Bar, who contributes to researching candidacies for the Bench? Should your Society not have a review committee to do just that, to offer an objective assessment of their academic worth, judgments or other legal writing, and to offer informed criticism of candidates to the JSC?

Countries differ widely, and I accept readily that we have imperatives of our own.  I am not a believer that addressing the makeup of the Bench could await the slow evolution of passing years. But that does not prevent us from asking questions regarding the contrast for example between the House of Lords where the 12 Lords of Appeal in Ordinary on the last figures I saw had on average 14 years of judicial experience before being appointed to that court; in Canada, 12 years; while in South Africa, fully six of the 11 members of the Constitutional Court had no judicial experience before joining the court with the remaining five averaging four years judicial experience each.

Can it be said that certain of last year’s appointments reflect a continuing disregard for discernible judicial excellence?

Another concern is the output of our top court.  In 2008, the Constitutional Court heard 22 cases.  The Supreme Court of Canada heard 82, the House of Lords 102 appeals in 2005 and 94 in 2006.  In each of 2006 and 2007 one member of the Constitutional Court wrote only two judgments, another produced only three in each of 2005, 2006 and 2007"

Neem die voorbeeld van waarnemende regter Anton Katz, wat onder andere onlangs die saak aangehoor het waartydens beslis en ooreengekom is dat sogenaamde Talitha terug moet gaan Bloemhof toe:
Ek wonder hoeveel mense besef dat Regter Anton Katz se vrou, Annika Katz,  direk daarby betrokke was om n dokumenter vir Carte Blance te doen n ruk gelede (voor die Bloemhof-saak) waarin Talitha se ma onder andere geroskam is deur Annika Katz- -  as dat sy bedrog gepleeg het en aangehou pleeg het met haar Aupair agentskap - - ensomeer.  
Dink enige iemand Anton Katz het sy verwantskap bekendgemaak met die acid-based joernalis van Carte Blanche, n program wat alleenlik voortleef op die inasem van daardie lelike Ruda-Landman tipe sensasie en gemors-joernalistiek? 

Moes Katz nie homself verskoon het as sy vrou die mense reeds in die media verhoor het in die verlede nie? Moes Katz nie minstens aangebied het om te onttrek nie?

Of is hy een van die wat so min van n verhouding met sy vrou het dat hy nie deur haar proffesionele vuur aangeraak word nie?

Ons weet reeds Katz skiet tekort op eerlikheid en integriteit. En ons is  seker dat hy nie aan n gebrek aan vooroordeel en aan n gebrek aan psigologiese verdedigingsmeganismes ly nie.   

Is dit dan ondenkbaar dat sy vrou se hete aanvalle op Talitha-hulle hom nie affekteer het in die Bloemhof-saak nie?  

Slegs die ineenstortende Kaapse Hooggergegshof kan hiervoor verantwoordelik gehou word. Ons weet van Anton Katz omdat ek eerstehandse ervaring van sy uiterste onbekwaamheid het? Maar wat van al die ander regters wat nie naastenby opgewasse is nie waarvan niemand weet nie?

Al wat ons weet,  is dat die sesde groep hierbo reeds lankal waarsku dat die vervrotting van die kandidate wat werk en oordeel in die Hooggeregshof,  n bespotting maak het van geregtigheid. Die feit dat ons nou al op die vlak van Jou ma se poes litigeer, is tiperend hiervan.

  Om weer ten slotte, vir Winston Churchill aan te haal:"Doubts can be swept away only by deeds."